Skip to product information
1 of 4

Pik-‘n-wyn Baby Boutique

Marie Karoo Manna Resepteboek

Marie Karoo Manna Resepteboek

Regular price R 599.00 ZAR
Regular price Sale price R 599.00 ZAR
Sale Sold out

Karoo Manna is ‘n versameling van 277 huiskosresepte – ‘n kombinasie van Suid-Afrikaanse treffers, klassieke gunstelinge en nuwe idees. Dit is propvol inspirasie vir sowel beginnerkokke as ou hande in die kombuis. Die meeste van die disse verg min moeite, want niemand het meer tyd om ure voor die stoof deur te bring nie.

Daar is iets wat soos huis voel aan ‘n varsgebakte brood of ‘n warm nagereg pas uit die oond. Kos bring mense bymekaar, veral wanneer dit met liefde voorberei word. Elke resep in hierdie boek is met sorg deur my en my ma saamgestel, geïnspireer deur familietradisies, nuwe ontdekkings en ons gesamentlike passie vir kosmaak, almal getoets en vervolmaak in ons kombuise.

Of jy nou ‘n vinnige aandete maak of ‘n spesiale maaltyd vir familie en vriende voorberei, ons hoop hierdie boek inspireër jou om met selfvertroue en kreatiwiteit te kook. Mag elke gereg ‘n storie vertel, en mag Karoo Manna die hartjie van jou huis warm hou.

Alle eer aan God.

View full details